Begripsvrae

Die wonderlike verhaal van Marco Polo Byna sewehonderd jaar gelede is daar in die Italiaanse stad, Venesië, ’n seuntjie gebore wat later baie beroemd sou word. Sy naam was Marco Polo. Marco se vader was ’n ryk koopman wat handel gedryf het met lande in Asië. Daar was destyds in Europa baie min bekend oor die lande in die Ooste; daarom het Marco Polo met groot belangstelling geluister na die verhale wat sy vader oor sy reise vertel het. Toe hy sewentien jaar oud was, het hy sy vader en sy oom oor hoë berge en dorre woestyne op ’n reis na die Ooste vergesel. Die reis, wat drie jaar geduur het, is met kamele afgelê. In die Ooste is hulle vriendelik ontvang in die land waar Kublai Khan geheers het (die huidige China). Al drie het by laasgenoemde in diens getree en hom sewentien jaar lank so goed gedien dat die Oosterse heerser hulle met kosbare geskenke oorlaai het. Hy het hulle ook by hulle vertrek tot in die Persiese Golf laat neem. Marco Polo self kon die taal van Kublai Khan se mense vlot praat. Vanaf die Persiese Golf het hulle oor land gereis na die Middellandse See en daarvandaan per skip na hul geboortestad, Venesië, wat hulle 25 jaar tevore verlaat het. Marco Polo is in 1324 op sewentigjarige ouderdom oorlede, maar voor sy dood het hy al sy wedervaringe op skrif gestel. Hierdie boek word vandag nog gretig gelees.

 

1.1. Waarom het Marco Polo as jong seun baie in die Ooste belanggestel? (1)

1.2. Watter taal het Marco Polo tydens sy verblyf in die land van Kublai Khan leer praat? (Jy moet die woord reg spel.) (1)

1.3. Verduidelik waarom die reise van die Polo-gesin so goed bekend is. (1)

1.4. Waarom, dink jy, het hulle die reis oor land met kamele afgelê? Verduidelik. (1)

1.5. Hoe het die Oosterse heerser vir hulle dankie gesê vir al hulle getroue diens aan hom? (1)

1.6. Hoe oud was Marco Polo toe hy sy pa en oom na die Ooste vergesel het? (1)

1.7. Hoe oud was hy toe hy uiteindelik weer in sy geboortestad aangekom het? (1)

1.8. In watter stad en land is Marco Polo gebore? (2)

1.9. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Haal ’n sin uit die teks aan om jou antwoord te motiveer. Marco Polo se reisjoernale word nie meer vandag deur baie mense gelees nie. (2)

1.10. Watter bekende motorfabrikaat het een van hul modelle na Marco Polo vernoem? (1)

1.11. Haal EEN WOORD uit die tweede paragraaf aan wat dieselfde as “handelaar” beteken. (1)

1.12. In watter land was die Kublai Khan se koninkryk geleë? (1)

1.13. Hoe lank het die Polo’s se reis na die Ooste geduur? (1)

Lesson Files
Lesson Questions