Kort antwoorde

Lees die onderstaande paragraaf aandagtig deur en skryf die korrekte vorm van die woord op jou antwoordblad neer.

 

My naam is Stefanus.  Ek woon in Grahamstad.  Ek het twee (1.1. ouma) en een oupa.  My ma se naam is Gertruida.  Sy werk by Rhodes Universiteit.  My pa se naam is Johannes en hy is ’n onderwyser by St Andrew’s College.

 

Ons het baie (1.2. troeteldier) by die huis.  Op my oom se plaas is daar baie klein (1.3. kalf) en groot (1.4. koei).

 

My ouma het ’n (1.5. baie swart) kat en haar naam is Geraamte.  Daar is ook ’n (1.6. baie klein) rondaweltjie op die plaas wat my oom soms uitverhuur.  Ons huis in Grahamstad is nuut gebou en die baie (1.7. boom) is nog klein.  Ek het laas week ’n klein (1.8. slang) in die swembad gekry.  Hy het verdrink. 

 

In my vrye tyd neem ek baie (1.9. foto).  Wanneer iemand verjaar, gee ek vir hulle baie (1.10. present), want ek hou daarvan om mense te bederf. 

 

Die bome by my skool gee (1.11. a.g.v.) hul grootte lekker skaduwee af in die laatmiddag.  Die graad twaalwe is (1.12. groot) as ons en is streng. Hulle straf ons wanneer ons kwaad doen.  Wanneer ons na Hawaii met vakansie gaan, voel ons soos regte toeriste uit (1.13. SA) met ons (1.14. kamera) en (1.15. baie geel) hemde.  My ma het altyd ’n klein (1.16. boek) waarop sy alles wat ons moet saamneem, neerskryf. 

 

My ouer broer lyk soos Ryk Neethling en loop altyd in ’n klein (1.17. swembroek) op die strand rond om die meisies te beïndruk.  Dan lag ek maar net vir hom, maar hy steur hom nie aan my nie.  My ma neem altyd ’n klein (1.18. mandjie) saam strand toe.  Dan sit sy op ’n klein 1.19. stoel) en kyk hoe ons swem.  Ek is (1.20. lief) vir my babasussie as vir my ouer broer.

Lesson Files
Lesson Questions